Nestlé opsoek na nominasies
Nestlé en Soroptimist Internasionaal van Suid-Afrika is opsoek na ‘n verkiesbare vrou vir die 2005 Nestlé Gemeenskaps Voedings Toekenning. Hierdie gesogte toekenning is gemik op die onselfsugtige werk van dié vrou wat die voedingstatus in haar gemeenskap verbeter deur ‘n lewensvatbare voedingsprogram, met die hoofdoel om honger en ondervoeding te bekamp.
Indien jy weet van so iemand in jou gemeenskap, is dit nou jou kans om haar te nomineer. Die genomineerde moet betrokke wees in die bestuur of stigting van ‘n eenvoudige voedsel-, voedings- of landbouprojek wat die potensiaal het om op die langtermyn tot haar gemeenskap se voordeel te wees.
Hierdie projek moet volhoubaar wees, ‘n maklik uitvoerbare replika kan uitvoer en moet opvoedkundige en ontwikkelings komponente bevat. Dit moet ook die ondersteuning en betrokkenheid van die gemeenskap dra.
Hierdie toekenning is reeds in 1993 gestig en vereer, en gee erkenning aan vroue wat praktiese programme implementeer om die ernstige probleem van ondervoeding te beveg en die belangrikheid van gebalanseerde, gesonde voedings verhoog. Die toekenning word saam met Soroptimist Internasionaal, wat ‘n prominente internasionale vroue organisasie is met doelwitte en mikpunte wat voorsien in die bevordering van vroue, geloods.
Die toekennings se eerste prys is R20 000 in kontant, of produkte wat geskenk word om haar projek te bevorder. Addisioneel sal daar twee R10 000 pryse wees vir die ander twee inskrywings wat die finale haal. Indien ‘n projek waardig beoordeel word, sal ‘n spesiale prys van R5000 toegeken word aan ‘n projek wat nog in sy ontwikkelingsfase is, maar potensiaal tot toekomstige sukses toon.
Aansoekvorms, reëls en voorwaardes van inskrywings is beskikbaar by Nestlé Corporate Communication & Public Affairs Department, Posbus 50616, Randburg, 2125 of (011) 889 6638 of faks (011) 889 6083 of corporate.affairs@za.nestle.com. Sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Mei 2005.