Kursus in die skryf van draaiboeke
‘n Kursus in die skryf van draaiboeke word vanjaar deur die Vakgroep, Skryfkuns, in samewerking met die ATKV-Skryfskool aangebied. Enige persoon is welkom om die kursus by te woon. PG du Plessis, die bekende skrywer, dramaturg en draaiboekskrywer tree as aanbieder op.
Die kursus word op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit aangebied en behels nege twee-uur sessies in drie opleidingsweke tussen April en Julie. Die aanbieding is informeel en sluit aspekte in soos die wêreld van die film, verskillende genres, filmgrammatika, skeppingselemente soos karakter en plot, konvensies van draaiboekskryf asook praktiese toepassings.
Die datums van die skool is 12 tot 14 April, 10 tot 12 Mei en 26 tot 28 Julie. Die koste is R500 per persoon. Vir navrae kan dr Franci Greyling (Vakgroep Skryfkuns, Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, gekontak word by (018) 299 1781 of sktsfg@puk.ac.za.