General

Landbouskou nooi uitstallers

THABAZIMBI – Die Landbou- en Nywerheidsgenootskap nooi die gemeenskap uit om hulle te kontak indien hulle belangstel om hul kunswerke by vanjaar se skou uit te stal. Die skou kry vanjaar ‘n nuwe baadjie en wil veral aandag vestig op die plaaslike Bosveld talent. Uitstallers wat belangstel om groot landbou gereedskap of toebehore uit te stal, kan mnr Johan du Toit kontak by 082 879 3067.
Volgens du Toit beplan die genootskap onder andere ‘n groot biertent, rugby  en sommer heelwat opwindende aktiwiteite wat by vanjaar se skougronde gaan aangebied gaan word.
Die skou sal vanaf 4 tot 6 Augustus duur en die gewilde Vlakvark Fietswedren gaan ook weer aangebied word. Die fietsren sal Saterdag, 6 Augustus, oudergewoonte om 07:30 wegspring en fietsliefhebbers kan byvoorbaat hul fietse opwarm vir hierdie groot dag.
Vir verdere navrae of inligting kan Heleen Stevens gekontak word by (014) 777 1204 of 072 599 9609. Hou Die Kwêvoël dop vir verdere inligting en ook oor die veranderings wat vanjaar se “skou-mense” in die mou voer.