Sport

SA Jukskei Kampioenskappe

Die SA Jukskei Kampioenskappe vind vanaf 26 Maart tot 1 April plaas te Kroonstad. Unies oor die hele land en Namibië sal meeding in ses afdelings vir ‘n trofee vir die wenspan asook medaljes vir die eerste drie plekke. Die volgende spelers van die Nylwyksbond is na die keuring op 22 Januarie gekies om die Noordelike Provinsie te verteenwoordig:
Mans (Kopersbond) – Jannie Engelbrecht van Thabazimbi, Mans (Sanlam) – Bossie Liebenberg van Thabazimbi, Veterane (Caltex) – Evert Genis en Cecil Barrows van die Tarentale in Potties, Piet van Rensburg en Piet Swart albei van Thabazimbi. Veterane (Slanghoek) – Wally Els van die Tarentale en Pieter Le Roux van Naboompark.
Dames (Uniewinkels) – Bettie Geldenhuys van Thabazimbi. Dames (Pikkie Uys) – Alice Pienaar en Baba Douglas van Naboompark.
Vir verdere besonderhede of meer inligting kan Martie Nell, skakelbeampte, gekontak word by (014) 733 0611 of 083 532 1960.