Mabula VLU nuus
MABULA – Die Mabula VLU dames het met hul laaste vergadering, 9 Maart in die pragtige tuin van Sarel en Hettie Marais bymekaargekom. Die dames is bederf met heerlike Pizza’s wat aan hulle voorgesit is deur die gasheer en gasvrou.
Die dames het besonder goed gevaar met hulle kompetisie en die uitslae is as volg: Miek Venter behaal 74% en Ria Burger 69% vir hul onderskeie “ontbyt appliek tafeldoeke met bypassende vier servette”. Vir die “gedekte skinkbord vir ‘n siek persoon” behaal Miek Venter 75%, Corrie van Wyngaardt 75% en Ria Burger 69%.
Annetjie Kruger, voorsitter van die Mabula streek, is gekies as kringleidster vir Boekenhout streek. Rika Burger ontvang silwer vir haar tweede plek in Noord vir haar serp en mus. Corrie behaal 52% en Ria 50% vir hul onderskeie “sleutelklossies”. Vir die “papawerringkoek” behaal Ria 70% en Annetjie behaal 63% vir haar Bauernmahlerei.
Die baie mooi boom van die jaar is behartig deur Annetjie en Vanessa. Die Mabula VLU se volgende vergadering is 20 April waar ‘n kreatiewe Dulux demonstrasie gedoen gaan word. Vir meer besonderhede kan Annetjie gekontak word by 082 291 3253.