Laerskool Thabazimbi rugbydag

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi se rugbyspanne het verlede Saterdag op Nylstroom deelgeneem aan ‘n rugbydag en graderingsdag van skeidsregters. Nege skole, naamlik Laerskool Bosveld, Laerskool Ellisras, Laerskool Eugene Marais, Laerskool Krugerpark, Laerskool Krugersdorp-Noord, Laerskool Nylstroom, Laerskool Unitas, Laerskool Warmbad en Laerskool Thabazimbi het in vriendskaplike wedstryde teen mekaar meegeding. Laerskool Thabazimbi se O/9 tot eerstespan het al hul wedstryde gewen. Hierdie dag het dan ook aan die afrigters die geleentheid gegee om foute te identifiseer wat hierdie week aandag sal geniet.
Uitslae was as volg: O/9 span – wen Ellisras 12/0 en Nylstroom 20/0. O/10 span – wen Ellisras 29/0 en Warmbad 15/0. Die O/11 span – wen Ellisras 32/5 en Nylstroom 17/0. Die tweedespan wen Unitas 17/0 en Krugerpark 12/5. Die eerstespan wen Bosveld 22/5 en Eugene Marais 5/0.