Laerskool TBZ spelers na netbalkliniek

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi se O/12 A en B en O/13 A en B netbalspanne het gister vertrek na ‘n netbalkliniek te Thaba Marula. Die kliniek word aangebied deur die voormalige Protea netbalafrigter, Elize Kotze.
Met hierdie kliniek beoog Laerskool Thabazimbi om elke netbalspeelster se volle potensiaal te ontwikkel onder Kotze se bekwame afrigting, en ook om die skool se liga deelname te versterk. Verskeie instansies het hierdie vier spanne geborg met kliniekgeld, klere, sakke, waterbottels, kouse, sweetbande en dies meer.