Kyknet fokus op Thabazimbi

THABAZIMBI – Kyknet se gewilde joernaalprogram “Ontbytsake”, het in Thabazimbi kom kuier en ‘n fokus program saamgestel op Thabazimbi as ‘n toeriste bestemming en unieke dorp.
Met die hulp van Kumba Resources, Norplats, verskeie lodge eienaars, Marakele Nasionale Park en Thabazimbi Munisipaliteit is hierdie fokus program ‘n werklikheid gemaak en poog daarin om Thabazimbi behoorlik op die kaart te sit.
Die filmspan het reeds ‘n paar weke gelede TV opnames in en om die dorp gedoen. Saterdagoggend (more) vanaf 07:30 tot 09:00, is dit eintlik die groot dag wanneer Dawie Roodt, aanbieder van Ontbytsake, in gesprek gaan wees met Tanya Veldman van die Thabazimbi Toerismekantoor.
Die program word Sondag 20 Maart om dieselfde tyd herhaal met verdere heruitsendings daaglikes vanaf 06:00 tot 07:30, Maandag 21 Maart tot Vrydag 25 Maart.