Hobo-aand ten bate van Swartklip Fietsryklub
SWARTKLIP – ‘n Hobo-aand is deur die Swartklip Fietsryklub by die Gholfklub op Vrydag 4 Maart aangebied. Die aand is gehou ter versterking van die klub se fondse om klublede by te staan wat aan die Argus Fietswedren sou gaan deelneem.
Aan oorspronklikheid het dit nie ontbreek nie met ‘n spyskaart wat uit “bunny-chows” en koue slap “chips” bestaan het en die enigste eetgerei was jou hande. Verslonsde klere, brille sonder lense, geleerde sykouse, vuil hoede, pruike, spiritus bottels en “half jack’s” was oral te sien.
Die ete is op die vloer tussen rommel gehou en hier is daar geskoffel en sommer net gelê. Manie het die hobo’s (wat nie aldag op ‘n “party” getrakteer word nie) se voete laat jeuk met die lekker musiek wat hy gespeel het.
Daar is tot laat aand gekuier en pryse is aan die einde van die aand aan George Louw en Cornel Benade oorhandig vir onderskeidelik beste mans- en dameshobo. Meeste van die onwillige hobo’s het eers in die oggendure na hul onderskeie parkbankies teruggekeer.