HFM atlete deur na SA Kampioenskappe

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer spog met ses atlete wat hierdie naweek, 19 en 20 Maart aan die SA Kampioenskappe te Paarl gaan deelneem. Met verlede naweek se LEPRUSSA Provinsiale byeenkoms, het 12 van HFM se atlete uitstekend gevaar. Elkeen van hierdie atlete het met ‘n medalje weggestap.
Dit was duidelik dat van die beste atlete in die Limpopo Provinsie hier in die Waterberge en Thabazimbi bly. Die beamptes het met die hulp van skole en provinsiale verteenwoordigers die tegniek van meting bemeester, en is die items een na die ander afgehandel met ‘n HFM atleet tussen die voorste mededingers in letterlik elke item waaraan hulle deelgeneem het.
Uitslae van bogenoemde atlete is as volg: Louise de Kock (O/17 dogters) – eerste plekke in onderskeidelik verspring, driesprong en 100 meter hekkies. Lize de Villiers (O/15 dogters) – eerste plekke in onderskeidelik 90 en 300 meter hekkies, Charles Penning (O/17 seuns –  eerste plek in hamergooi, Tiaan Bekker (O/17 seuns) – tweede plek in gewigstoot, Sanlie van der Brink (O/15 dogters) – tweede plek in verspring, Jaco Botha (O/17 seuns) – tweede plek in verspring, Corné Botha (O/19 seuns) – tweede plek in verspring, OS de Lange (O/19 seuns) – tweede plek in skyfwerp, Mandi Theron (O/17 dogters) – derde plek in skyfwerp en Steffi Reynecke (O/17 dogters) – derde plek in verspring.