BTW nommer nou verpligtend op fakture
Volgens die nuwe wetgewing, moet alle fakture vanaf 1 Maart 2005 die verbruiker/kliënt se BTW nommer meld. Dit moet ook duidelik “Belastingfaktuur” of “Tax Invoice” gemerk wees. Dit moet ‘n oorspronklike dokument wees met ‘n unieke nommer.
Die faktuur moet die volle naam, adres en BTW registrasie nommer van die persoon wat die diens of goedere ontvang het, bevat. Die faktuur moet die waarde en beskrywing van die goedere of diens, die BTW bedrag geëis en die totale waarde van die faktuur aandui.
Indien ‘n faktuur BTW insluit, moet dit duidelik gemerk wees “BTW ingesluit” en ook die persentasie waarteen BTW bereken is. Indien die faktuur die bedrag van R1000 oorskry, moet die faktuur buiten die reeds genoemde vereistes, ook die volle naam en adres van die verskaffer bevat.