Rhino Stoeiers presteer
SETARIA – Die Rhino Stoeiers het uitsonderlik presteer tydens die Louis Trichard Ope wat plaasgevind het verlede Saterdag, 12 Maart te Potgietersrus. Hulle het sommer met die intrapslag twee pryse verower vir Stoeiklub met die meeste inskrywings (26 inskrywings), waarvoor hulle R500 ontvang. Tienie Smith ontvang ‘n Nokia selfoon vir stoeier met die meeste gees. Uit die 26 inskrywings behaal hul 20 plekke waarvan nege eerste plekke (goud) is, ses tweede plekke (silver) en vyf derde plekke (brons). Die Rhino Stoeiers kan voorwaar trots wees oor hul uitmuntende prestasie. Graag wil die stoeiers ook net vir Thabazimbi busdiens bedank vir die veilige vervoer na en vanaf Potgietersrus.