Wild geskiet op Marakele
THABAZIMBI – Die afgelope week is daar wild geskiet op Marakele, asook op privaat plase in die omgewing. Geen verdagtes is nog aangekeer nie. Daar gaan in die komende paar weke padblokkades deur die SAPD gehou word, waartydens hulle voertuie sporadies gaan aftrek om wapenlisensies na te gaan van vuurwapens wat saam gedra of vervoer word. Vuurwapens sonder lisensies, en wat ook nie in geweersakke is nie sal op beslag gelê word. Die SAPD doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om Inspekteur Crause te skakel by (014) 777-3508 of (014) 777-3512.