Sport

Thaba Swemklub doen dit weer

THABAZIMBI – Twee van Thaba Swemklub se swemmers, Heinrich Wilsenach en Anri Prinsloo het elk ‘n “Parka Jas” los geswem. Elke vlak twee swemmer wat kwalifiseer vir die “Africa Challenge Gala”, ontvang ‘n jas van Thaba Swemklub. Vier jaar gelede het 22 swemmers reeds hierdie jasse ontvang en kom daar jaarliks gemiddeld twee swemmers by wat vir die jas kwalifiseer.
Alle vlak twee swemmers neem teen mekaar deel in die “Africa Challenge Gala” wat die afgelope week reeds begin het en tot môre, 12 Maart in Germiston plaasvind. Lande soos Mosambiek, Zimbabwe, Botswana, Namibië, Zambië, Lesotho en Swaziland is almal tydens die geleentheid teenwoordig.
Die swemmers van Thaba Swemklub wat daar deel gaan neem het is Heinrich Wilsenach, Anri Prinsloo, Karel Eloff, Rhoné Rheeders en Jacques Stevens.