General

Swartklip ruiters vaar goed by Saalperd kampioenskappe

Die Noordelike Saalperd Unie Kampioenskappe  het vanaf 3 tot 5 Maart 2005 in Parys plaasgevind. ‘n Aantal ruiters, almal leerlinge van Platina Laerskool in Swartklip, het goed gevaar en plekke wat wissel van eerste tot vyfde verower.

Bianca Hoare behaal ‘n 3de plek – Stap/draf kinderryperd ruiter 10 jaar en onder.

Lee-Anne Hoare behaal ‘n 5de plek – Driegang kinderryperd ruiter 12 jaar en onder asook ‘n 5de plek – Driegang kinderruiter 12 jaar en onder.

Stephanie Williams behaal ‘n 2de plek – Driegang ontwikkelings ruiter.

Megan Wallace behaal ‘n 4de plek – Stap/draf kinderryperd ruiter 10 jaar en onder asook ‘n 3de plek – Stap/draf ruiter 10 jaar en onder.

Zelmari Pienaar vaar uitmuntend met haar 1st plek – Junior toetsklas – ruiters 12 jaar en onder en ‘n 2de plek – Driegang kinderruiter 12 jaar en onder.

Carmen Uys het net so goed gedoen met haar 1ste plek – Stap/draf kinderryperd ruiter 8 jaar en onder en ‘n 3de plek – Stap/draf ruiter 8 jaar en onder.

Meliska Uys behaal twee 2de plekke, naamlik vir Stap/draf kinderryperd ruiter 10 jaar en onder en Stap/draf ruiter 10 jaar en onder.