SAPD maan besighede

THABAZIMBI – Die SAPD maan besighede om spreiligte aan te bring  op hul persele se dakke. Verdagtes word moeilik in die aand geëien. Daar is die afgelope paar weke reeds  by verskeie besighede ingebreek, waar die diewe toegang deur die dak verkry het. Spreiligte sal dit vir verdagtes moeiliker maak aangesien hulle makliker gesien kan word.