Misdaadvoorkoming operasie suksesvol

KOEDOESKOP – Die  misdaadvoorkomings operasie Sefekile is in Koedoeskop geloots deur Modimolle area in samewerking met die Thabazimbi misdaadvoorkomings eenheid. Tydens die suksesvolle operasie is daar 17 immigrante gearresteer, vier sjebiens toegemaak, beslag gelê op 100 liter drank en 15 kilogram dagga. Die operasie is geloots as gevolg van die hoë misdaad syfer. Na wat berig word het die misdaad aanmeldings na dié operasie aansienlik gedaal.