HFM atlete dring deur na Limpopo Provinsiaal

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het twaalf atlete wat deurgedring het na die Limpopo Provinsiale byeenkoms wat môre, 12 Maart te Pietersburg plaasvind. Van hierdie atlete is 10 veldatlete wat besonder goed presteer het in veral verspring en driesprong. Diskus, gewigstoot en hammergooi gaan egter ook meeding vir ‘n plek in die Limpopospan vir die USASA atletiekbyeenkoms in die Wes Kaap oor die paasnaweek.
Twee baanatlete, Lize de Villiers en Louise de Kock gaan in die kort en lang hekkie items deelneem en sal ook ‘n eerste keer vir die jaar of ‘n tartan baan geskied. Goeie tye word in die vooruitsig gestel vir die twee Botha broers en vir Santie van der Brink word goeie afstande in die verspring verwag.