Gholfnuus
THABAZIMBI – Saterdag se spel was ‘n Driebal Alliansie met twee tellings wat getel het en al drie op die kort gate. Jakkie van der Wateren, Piet Venter en Jannie van Graan se telling van 88 was genoeg om te wen. John-James Behrens, Esme Behrens en Maggie Hoffman met 87 was tweede en derde was Willem du Plessis, Bernie Gous en Pietie Terblanche ook met 87.
Ons jaarlikse Klubkampioenskappe word nou op Saterdag, 12 Maart gespeel. Dit word in drie afdelings oor 36 putjies Slagspel gespeel. Die manne wat nie meer kans sien vir die 36 putjies nie, kan net die middag speel en so nog vir die Slagspel en tweede agtien se pryse kwalifiseer. Afslaantye sal Vrydag, 11 Maart by die klub beskikbaar wees.
‘n Klub se kampioenskappe behoort die kompetisie te wees waaraan al die lede deelneem. Die lede wat Saterdag speel kwalifiseer ook outomaties vir die putjiespel uitklop kompetisie wat oor twee weke begin. Spelers wat weens omstandighede nie kan speel nie sal egter ook aan die putjiespel kan deelneem as daar nog plek is.
Donderdag, 17 Maart speel die Sages van Waterberg hier op ons baan. Die Interaksie Gholf verskuif ook na Vrydag, 18 Maart omdat die beplande datum in die skoolvakansie sou wees. Saterdag, 19 Maart is dit Liga op Rooiberg. Thabazimbi speel teen Amandelbult. Die Veterane speel teen Lost City. Lede moet asseblief hulle name op die lys skryf, want die span moet reeds ‘n week voor die tyd gekies word.
Die Pare putjiespel is ook tans aan die gang en die pare wat nog in is moet seker maak van hulle sperdatums. Die Eklektiek sukkel ook nog om aan die gang te kom.
Dit is opvallend hoeveel “ervare” spelers soos ‘n broeis hen om en agter hulle balle in die ruveld, en erger nog in van die hindernisse rondtrap en skrop. Reëls 12, 13 en 14 moet beslis deur hierdiemanne gelees word. Reël 12-1 begin om dit so te stel: “In searching for his ball anywhere on the course, the player may touch or bend long grass, rushes, bushes, whins, heather or the like, but only to the extent necessary to find and identify it. Provided that he does not improve the lie of the ball. The area of his intended stance or swing or his line of play. A player is not necessarily entitled to see his ball when making a stroke.”
Science Of Sport – Golf
Great Golf Courses Of Southern Africa
Golf: Greatest Ever Moments