Bosveld Akademie kunsuitstalling by Out of Africa

THABAZIMBI – Bosveld Akademie het in samewerking met Out of Africa ‘n kunsuitstalling op 3 Maart gehou. Kunswerke van bekende kunstenaars soos Nick van Rensburg, Paul Monroe en Fader Klaerhout is deur De Oude Kunstgalerij uitgestal.
Kaartjies is vir R20 verkoop en het ‘n vingerete en wyn ingesluit. Kopers het met ‘n gelukkige trekkings afslag van tot 15% gekry op hul aankope.