General

Bergboegoe uitstappie

THABAZIMBI – Die Bergboegoe onderneem Saterdag, 12 Maart ‘n uitstappie na Ben Alberts Natuurreservaat. Alle belangstellendes, oud en jonk kom by Engen Vulstasie bymekaar vanwaar daar na die reservaat vertrek sal word.
Verskillende boom- en voëlsoorte sal tydens die uitstappie geïdentisfiseer word en die dag sal afgesluit word met ‘n braai. Bring eie vleis, drinkgoed en eetgerei saam. Pap en sous sal voorsien word. Vir verdere inligting kan Anton van der Berg gekontak word by 082 775 6768.