Man in pad doodgery

CUMBERLAND – ‘n Man wat by Morgenson in die pad gelê het, is verlede Saterdag aand doodgery. ‘n Plaaswerker het Sondagoggend om 03:00 op die lyk afgekom waar hy in die middel van die grondpad gelê het.
Die polisie is in kennis gestel en speurders het die voertuig se spoor gevolg. ‘n Verdagte is ongeveer 25 kilometer daarvandaan by sy huis in hegtenis geneem aangesien hy nie die ongeluk aangemeld en stilgehou het by die toneel nie.
‘n Saak van strafbare manslag is geopen en die verdagte verskyn weer vandag in die hof.