HFM Gr 8 leerders onthef as “groentjies”
THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer se Gr 8 leerlinge is verlede Vrydag, ten aanskoue van al die ander leerlinge en onderwysers, finaal onthef as “groentjies”. Dié groot gebeurtenis het onder luide applous, gejuig en aanporing van die res van die skool plaasgevind. Hierdie dag was vir ieder en elk ‘n belewenis en sal verseker nie maklik vergeet word nie.