General

Gebrande kabel lei tot kragonderbreking

THABAZIMBI – Die kragonderbrekings wat Woensdag en Donderdag ondervind is, is volgens mnr Cornelius Booysen, Munisipaliteit – Elektriese Dienste, as gevolg van ‘n ondergrondse kabel wat gebrand het.
Volgens Booysen is die kabel oud en op twee plekke gelas en kon water moontlik ‘n kortsluiting veroorsaak het wat bygedra het dat die kabel brand. Hy het bygevoeg dat werkers teen Donderdagoggend besig was om die kabel te vervang en sou kragonderbrekings wat gister steeds in dele van die dorp ondervind is, teen Donderdagaand herstel wees.