General

Noordelike unies jukskei uitslae

Die Ope kampioenskappe van die agt unies van die Noordstreek, het Saterdag, 19 Februarie, te Krugersdorp plaasgevind. Sentraal Gauteng was die gasheer unie. Die unies wat deelgeneem het was Gauteng Noord, Noordwes, Gauteng Wes, Sentraal Gauteng, Oos Gauteng, Vaaldriehoek, Oos Transvaal en Noordelike Provinsie.
Die uitslae was as volg: Afdeling 1: Gauteng Noord in die eerste plek, gevolg deur Gauteng Wes en in die derde plek was dit Sentraal Gauteng. Afdeling 2: Gauteng Noord eindig eerste, gevolg deur Noordwes met Noordelike Provinsie in die derde plek.
Afdeling 3: Oos Gauteng eindig eerste met Gauteng Noord tweede en Gauteng Wes in die derde plek. Afdeling 4: Noordelike Provinsie eindig eerste met Noordwes tweede en Oos Gauteng derde. Afdeling 5: Noordwes eindig eerste, tweede is Gauteng Noord en in die derde plek is Gauteng Oos.
Afdeling 6: Oos Gauteng eindig eerste, gevolg deur Noordwes en Gauteng Noord derde. Afdeling 7: Gauteng Noord eindig eerste gevolg deur Noordwes met Oos Gauteng derde. Afdeling 8: Oos Transvaal eindig eerste gevolg deur Gauteng  Noord in die tweede plek en Oos Gauteng derde. Afdeling 9: Gauteng Noord eindig eerste, gevolg deur oos Gauteng met Noordwes derde.
Die groottotaal is as volg: Gauteng Noord eerste met 614.5 punte, Oos Gauteng tweede met 558.5 punte, Noordwes derde met 524.5 punte, Noordelike Provinsie vierde met 438 punte, Sentraal Gauteng vyfde met 432.5 punte, Gauteng Wes sesde met 388 punte, Oos Transvaal sewende en Vaaldriehoek agtste met 168 punte.