General

Laerskool TBZ besoek polisiestasie

THABAZIMBI – Die Gr 3 leerlinge van Laerskool Thabazimbi het weer Woensdag hul jaarlikse uitstappie na die polisiestasie onderneem. Die uitstappies maak deel uit van die Gr 3 kurrikulum waar hulle van belangrike persone in die omgewing leer.
Die polisie vertel die leerlinge meer van vingerafdrukke, veilige vuurwapen hantering, noodnommers en kindermolestering. ‘n Hoogtepunt is die besoek aan die selle waar hulle vir ‘n oomblik in die donker sel toegemaak word.