General

Inbraak by besigheid beloop duisende

THABAZIMBI – Inbrake die afgelope Maandagnag, beloop duisende rande. Na wat berig word het die inbrekers toegang tot “exact!” verkry deur die dakplate met ‘n skêr te sny. Die kluis is uit die muur verwyder en selfone, skoene en klere ter waarde van meer as R48 000 is gesteel. Die inbrekers het die selfone uit die bokse gehaal en die herlaaiers agtergelaat.
Dieselfde nag is toegang tot “Snip Express” probeer verkry deur ook die dakplate te sny. Daar is egter niks gesteel nie en die polisie vermoed dat die inbrekers skrik op die lyf gejaag is. Die polisie sê die twee sake word met mekaar verbind aangesien dieselfde inbraak metodes gebruik is.
Geen verdagtes is nog aangekeer nie, en enigiemand met inligting kan die speurtak kontak by (014) 777 3535.