Groot “broodontploffing” by Pick ‘n Pay hierdie naweek
THABAZIMBI – Inwoners van Thabazimbi en omgewing kan hierdie naweek ‘n groot “broodontploffing” by Pick ‘n Pay te wagte wees. Die maatskappy “EuroBreads”, oorspronklik van Griekeland het onlangs in Johannesburg geopen. Hulle vier spesialis bakkers kom vanaf vandag tot Sondag Pick ‘n Pay se bakkers touwys maak in die bak van alle tipe brode.
Hierdie nuwe reeks broodprodukte is afkomstig van Griekeland, Spanje, Portugal en ook Suid-Afrika. Brode sal die volgendes insluit: Monastery brood, Sporenio (gesondheidsbroodjie), Deense Rog, Pizza brood, Ciabatta, Sogia-Sogia, Franse Baguette, Super wit, Kontinentale rol, Tuskaanse rol, Portugese rol, Sagte Hamburger rol, Village brood en “Hot Cross Buns”. Die Griekse melkbrood en Ciabatta is veral baie gewild.
Hierdie brode en rolletjies wat daagliks vars gebak op die rak sal wees, is enige fynproewer se droom. Alle fynproewers word hartlik genooi aangesien daar deurentyd toets happies beskikbaar sal wees.
Pick ‘n Pay, Thabazimbi, sal ook die enigste winkel van hierdie kettinggroep wees wat met hierdie bo-baas brode en rolletjies gaan spog. Ieder en elk moet vir seker hierdie geleentheid bywoon. Inwoners van sover as Pretoria kom om hierdie “broodontploffing” te aanskou.
Op die koop toe, sal daar vanaf vandag ook selfgemaakte russians, Chilli russians, kaas russians, viennas, kaas viennas, salami en polonie by Pick ‘n Pay se slaghuis beskikbaar wees. Slagters van Freddy Hirsch het die nodige opleiding aan hierdie slagters kom gee en sal alle genoemde produkte nou daagliks voorberei. Alle tariewe is bekostigbaar en Pick ‘n Pay verseker sy ondersteuners van volgehoue diens en uitstekende waarde vir geld.