Gholfnuus
THABAZIMBI – Verlede Saterdag was daar nie genoeg spelers tuis vir ‘n kompetisie nie. Dit was die eerste ligabyeenkoms van die jaar op Amandelbult. Ons span het teen Mooinooi gespeel en die jaar baie goed begin met ‘n 2-0 wen. Weens die onttrekking van Nylstroom uit die liga is daar nou ‘n Veterane-span ook en vier van ons manne is toe ook op kort kennisgewing daar betrek. Die Veterane het teen Amandelbult self gespeel en gelykop gespeel. Piet Venter en Jakkie van der Wateren was ook die dag se wenners met 47 punte.
Daar sal vir die res van die jaar dan ook ‘n Veterane-span deelneem. Hierdie manne is regte veterane, want net spelers ouer as 50 jaar en wat in die verlede liga gespeel het sal voorkeur kry by die samestelling van die span. Al die ander liga-klubs sal ook genooi word om van hulle veterane vir die span beskikbaar te stel.
Hierdie Vrydagmiddag 25 Februarie is dit ook die eerste Interaksie Gholf. Spanne van vier spelers elk, en reserwes as daar is, moet asseblief opdaag en kom speel.
Saterdag, 26 Februarie is dit die Elephant Lifting Borgdag. Met die lees hiervan behoort die trekking en indeling reeds bekend te wees. Spelers wat laat geslaap het kan gerus kom kyk of daar nie dalk ‘n onttrekking of twee was nie, iets wat ongelukkig maar altyd gebeur. Indien daar nog plek is sal enkele laat inskrywings aanvaar kan word.
Die komitee het besluit dat daar onder geen omstandighede drank aan joggies verkoop sal word nie, self nie eers as u hom van die baan af stuur om vir u iets te koop nie. Lede moet asseblief nie die kroegbedieners kwalik neem vir sulke besluite wat die komitee geneem het nie.
Een van die grootste kopsere op alle gholfbane is stadige spel en spelers wat nie die basiese begrip van gholfetiket en goeie maniere het nie. Die reëlboekie bepaal die volgende: “Players should play at a good pace. The Committee may establish pace of play guidelines that all players should follow. It is the group’s responsibility to keep up with the group in front. If it loses a clear hole and it is delaying the group behind, it should invite the group behind to play through, irrespective of the number of players in that group.”
Science Of Sport – Golf
Great Golf Courses Of Southern Africa
Golf: Greatest Ever Moments