Thabazimbi Wild & Toerisme Expo 2005 – Sondagprogram
THABAZIMBI – Vir die eerste keer in jare gaan Thabazimbi fees hou op ‘n Sondag met die Thabazimbi Wild & Toerisme Expo wat vanjaar vanaf Vrydag 29 April tot Maandag 2 Mei aangebied word.
Hierdie jaar se fees val dus oor ‘n langnaweek met geen werksdae tussenin nie.
Die organiseerders van die Expo is uiters hard aan die werk om meer persone na Thabazimbi te lok vir ‘n langer aantal dae, om sodoende nie net die Expo te bemark nie, maar ook om ‘n perfekte langnaweek wegbreek geleentheid vir toeriste te skep.
Volgens Me Tanya Veldman (Organiseerder) van Thabazimbi Munisipaliteit gaan die Sondagprogram iets bied vir die hele gesin. Kyk gerus na die Sondagprogram en maak nou al ‘n nota hiervan. Indien u enige verdere navrae het kontak die Expo kantoor by (014) 777-2221 of (014) 777-1525 uitbreiding 235.
Sien die voorlopige Sondagprogram elders in hierdie uitgawe.