Thabazimbi Toerisme kantoor databasis
THABAZIMBI – Die Thabazimbi Toerisme kantoor versoek alle toerisme produk eienaars om te verseker dat hul inligting korrek op die databasis aangemeld is.
Volgens Me Tanya Veldman van die Toerisme kantoor by die Thabazimbi Munisipaliteit is dit ‘n groot uitdaging om al die toerisme produk eienaars wat binne die Thabazimbi Munisipale grense val by alle toerisme projekte te betrek aangesien die databasis onvolledig en inligting beperk is.
Die Thabazimbi Toerisme kantoor ontvang daagliks navrae van toeriste wat spesifiek akkommodasie benodig in Rooiberg, Leeupoort, Northam, Dwaalboom, en Rooibokkraal.
Eienaars van Gastehuise en lodges in dié areas word versoek om te verseker dat hulle kontak besonderhede en inligting beskikbaar is by hulle plaaslike toerisme kantoor naamlik Thabazimbi Toerisme by die Thabazimbi Munisipaliteit.
Indien daar persone is wat spesiale toeriste attraksies of aktiwiteite aanbied kontak asseblief vir me Tanya Veldman van die Toerisme kantoor by 014 777-2221 of 014 777-1525 uitbreiding 235.