Steenbokpan VLU spring weg op ‘n vrolike noot
STEENBOKPAN – Dit was inderdaad ‘n vrolike Valentynsvergadering wat op 9 Februarie gehou is.
Dit was ‘n baie insiggewende vergadering, maar toe elke lid as beoordelaar aan die werk spring vir hierdie maand se gebottelde item, tuisgemaakte likeur, het dit in ‘n jolige vergadering ontaard!
Vir die tak lê daar baie werk vir die jaar voor en almal het hul pligte ontvang. Eerste op die kalender was die omgewing se beesveiling op 24 Februarie, waarvoor die VLU dames van Steenbokpan regstaan, asook die teetafel vir die komende konferensie, 16 Maart, te Tom Burke.
Dan word daar beplan aan die tak se Prysuitdeling op 16 April. Die funksie sal ‘n strokiesprent tema aanneem, aangesien die lede se skuilname die afgelope jaar strokiesprent karakters was. Elkeen gaan as sy karakter opdaag.
Die tak se nuwe bestuur vir 2005 sien as volg daar uit: Voorsitster – Elize Jordaan, Sekretaresse – Ilana Venter, Tessouriere – Jana Murray, Skakelbeampte – Riana Peacock, Beoordelaarsameroepster – Surita Steenkamp en Addisionele bestuur: Tharina Pelser, Retha Human, Barbara Tree en Lynette Pelser.
As gevolg van die konferensie in Maart sal die tak se volgende vergadering op 13 April 2005, plaasvind te Steenbokpan Boeresaal, om 13:00. Kontak gerus vir Elize by 779-0960 of Ilana by 779-0608.