General

Nuwe streeksbestuurder vir TLU-SA Noordstreek

Die TLU-SA Noordstreek het berig dat die nuwe streeksbestuurder, me Marie Helm, diens aanvaar het op 1 Februarie 2005. Haar werksgebied sluit die gebied suid van Warmbad tot by Messina in die noorde, en vanaf Ellisras tot by Hoedspruit in die ooste in. Met ander woorde die Limpopo Provinsie.
Sy het onderneem om alle lede van die Noordstreek op ‘n professionele wyse te dien deur: Die kommersiële boer se ekonomiese en kulturele belange te dien; die standpunte van TLU-SA rondom aspekte soos grondherverdeling, veiligheid en ander sake bekend te maak en aan alle lede te bevestig; die ampsdraers van die Noordstreek te ondersteun in die take wat tot voordeel van die TLU-SA is; die personeel by die verskillende kantore in die Noordstreek te ondersteun en te bemagtig asook die kommunikasie vanaf hoofkantoor tot die grondvlak te verbeter en uit te bou.
Verder onderneem sy om die uitbreiding van dienste te ondersoek soos: Opleidingsprogramme vir boere en plaaswerkers en om die visie van TLU-SA Noordstreek uit te bou.