Misverstande heers by Koos Cronjé skietbaan
THABAZIMBI – Na wat berig word heers daar tans groot misverstande met betrekking tot die gebruik van die Koos Cronjé skietbaan. Die werklike posisie is dat die baan steeds onder beheer van die plaaslike kommando is.
“Persone wat nie die regte prosedure volg nie, is in werklikheid oortreders en loop gevaar om vervolg te word”, het s/sers Pienaar gesê. Hy het bygevoeg dat die skietbaan steeds, soos voorheen, deur die publiek by die kommando bespreek moet word. Pienaar sê dié wat wel die regte prosedures volg, is steeds baie welkom. Militêre oefening geniet egter voorkeur.
‘n Kommando skietoefening, waarna alle lede uitgenooi word, vind Saterdag, 19 Februarie op die baan plaas. Die Luiperd Ope sal ook Saterdag, 26 Februarie, op die baan geskied. Die publiek is welkom om die Luipers Ope dag as toeskouers by te woon. Verversings word deur die dag aangebied en beloof om ‘n dag vol spanning en pret te wees.