General

Marakele Eco Landgoed oopgestel.

THABAZIMBI – Marakele Eco Estates die eerste vir Thabazimbi, is Saterdag bekend gestel.
Die Eko ontwikkeling grens aan Marakele Nasionale Park en beslaan 180 hektaar. Slegs 30 erwe van 3 hektaar groot word verkoop. Elke koper kry sy eie kaart en transport. Die park beskik reeds oor ‘n verskeidenheid wild, en jag in die park is taboe. Die maandelikse heffings sluit water, sekuriteit, wagte asook vullisverwydering en die daaglikse vervoer van huis en tuinwerkers vanaf die dorp en terug in. Elke inwoner sal self vir sy elektriese verbruik verantwoordelik wees. Die padnetwerk word ook instand gehou. Alhoewel daar ‘n keuse van ses verskillende bouplanne is kan elke eienaar egter sy eie planne gebruik mits dit deur die ontwikkelaars goedgekeur word. Hierdie woonbuurt is slegs ses kilometer buite die dorp en die 3 hektaar erwe is beskikbaar vanaf R350000.
Vir meer inligting, skakel gerus vir Liezie van Montane Eiendomme by 082 893 4208.