Kantoorpersoneel aanskou groot plof
THABAZIMBI – Die skietspan van Thabazimbi Ystererts Myn het toeskouers genooi om die groot plof by Buffelshoek-Wes Groef te aanskou.
Vir die 206 963 ton rots wat losgeskiet moes word, is 380 gate met 90 930kg springstof gelaai. Die gemiddelde plof op Thabazimbi Myn bestaan gewoonlik uit naastenby 200 gate wat ongeveer 60 000 kilogram springstof gebruik.
Die tydsduur vandat die eerste gat afgegaan het tot die laaste van die 380 gate, was ‘n ongelooflike 1 922 millisekondes.
Die kantoorpersoneel van Kumba wat gewoonlik tuis is agter hul rekenaars en sorg dat die Finansies, Menslike Hulpbronne en Administrasie van die myn in orde is, was ook genooi na die groot gebeurtenis.