Itireleng Vaardigheids Opleiding Sentrum in volle gang
THABAZIMBI – Itireleng Vaardigheids Opleiding Sentrum streef daarna om die gemeenskap te dien, en mense wat werkloos is, toe te rus met vaardighede waarmee hulle ‘n beter lewenskwaliteit kan bewerkstellig. Nie net alleen vind individue baat by die opleiding nie, maar ook werkgewers, vir wie werknemers met toepaslike opleiding in die onderskeie werkrigtings, plaaslik beskikbaar is.
Die fokus vir tegniese opleiding is huidig gevestig op vaardighede vir die daarstelling van behuising. Die opleiding word dus gesentreerd op bouvaardighede, skrynwerk, sweis en loodgieter werk.
Die bestuur en personeel tree ook op as skakel tussen die studente en plaaslike, provinsiale en nasionale regering. Veral met die oog op die regering se lae koste behuising skema.
‘n Tekstiel fabriek is ingerig, waar hoofsaaklik gefokus word op vervaardiging van oorpakke. Verskeie industrieë is genader om die oorpakke te toets waarop reeds positiewe terugvoer ontvang is. Sodra kontrakte vir voorsiening van oorpakke gesluit word sal die fabriek in volle gang begin produseer.
‘n Span van 10 vrouens het reeds intensiewe opleiding daartoe ondergaan, wat nie net vir hulle ‘n werksgeleentheid bied nie, maar ook die vaardigheid om naaldwerk van ‘n uitstaande kwaliteit te kan doen.
Ander kursusse soos pottebakkery, decoupagé, basiese entrepreneurskap en basiese rekenaarvaardighede word ook aangebied. Daar word ook na ander projekte gekyk vir 2005.
Vir enige verdere navrae omtrent Itireleng Vaardigheids Opleiding Sentrum kan u die volgende nommers skakel: (014) 777 3070 en (014) 777 3264.