General

HFM laat spat weer rekords

THABAZIMBI – Die vriendskaplike atletiekbyeenkoms van die afgelope naweek tussen Hoërskool Frikkie Meyer, Hoërskool Ellisras en Middelburg Tegnies, het weer gesorg dat daar rekors spat.
Frikkie Meyer eindig met 20 eerste plekke (8 seuns en 12 dogters). Corné Botha ewenaar die seuns O/16 hoogspring rekord, Gerhard Jacobs ewenaar die seuns O/17 rekord in die 100 meter, Carolee Reyneke stel ‘n nuwe rekord op vir dogters O/19 gewigstoot en Nandi Jacobs ewenaar die rekord vir dogters O/16 verspring.
Cherondie Oosthuizen en Corné Botha is ook die enigste twee HFM atlete wat die Sasol Tabel gehaal het met hul puntetelling van bo 800 punte vir die dag. Corné Botha word ook aangewys as die beste senior seuns veld atleet van die dag.