General

Gimnastiek kry oud Springbok as hulp afrigter

THABAZIMBI – Die Gimnastiekklub is bevoorreg om ‘n oud junior Springbok, me Magriet Stapelberg, in hul midde te hê. Stapelberg het aangebied om as hulp afrigter op te tree, en sy wil graag ‘n bydrae lewer om gimnastiek in Thabazimbi te bevorder.
Die gimnastiekklub spog reeds met twaalf nuwe gimnaste en almal is hard besig om te oefen en spiere te bou. Die klub beoog om Dinsdae en Donderdae middae af te staan aan alle beginners vanaf driejarige ouderdom wat Pretgim en die Kid X-programme sal aanleer. Maandae en Woensdae sal die oefentye vir die meer gevorderde gimnaste wees.
Die gimnastiekklub nooi alle ou gimnaste en ander belangstellendes uit om by die klub aan te sluit. Oefeninge vind plaas in die Landbousaal by die plaaslike skouterrein. Ouers word uitgenooi na die jaarvergadering, 23 Februarie om 17:00 by die oefenlokaal. Navrae kan gerig word aan me Joey Koekemoer by (014) 772 1517 of aan Magriet Stapelberg by 084 549 3730.