Gholfnuus
THABAZIMBI – Slagspel bly maar die formaat wat die wat kan van die wat probeer van mekaar skei. Verlede Saterdag was dit weer so. Die wenners was Pietie Terblanche (71), Carel Payne (72) en Jakkie van der Wateren (75).
Lede moet asseblief van die volgende reëlings kennis neem. Die kroeg sluit weeksdae om 20:00 (agt uur saans) en Woensdae om 21:00 (nege uur). Saterdag hang dit van die dag se program af. Sondae sluit die kroeg om 18:00 (ses uur). Die kroeg is ‘n lede-kroeg en kinders onder 18 word nie in die kroeg toegelaat nie.
Besoekers moet deur ‘n lid ingeteken word en die lid is ook verantwoordelik vir sy gas se gedrag. Geen drank word aan joggies verkoop nie en niemand mag ‘n joggie tydens spel van die baan stuur om drank te koop nie.
Weens die toestand van die oefen-setperk mag lede net hulle sette op nommer 6/15 setperk oefen. Daar mag egter onder geen omstandigheid kaphoue na die setperk geoefen word nie. Instansies wat belang stel om hulle ware of diens aan meer lede bekend te stel kan gerus op van ons bofborde adverteer. Daar is tans twee borde oop en belangstellendes kan met Irma by die klub in verbinding tree.
Die manne wat ons in die eerste Liga-byeenkoms, Saterdag 19 Februarie, op Amandelbult gaan verteenwoordig is Toppie Olivier, Denis Dreyer, Carel Payne, Jannie van Graan, Piet Venter, Jakkie van der Wateren, Jacob Jordaan en Riaan Vorster. Hierdie manne was almal deel van die groep wat verlede jaar weer die beker vir Thabazimbi gewen het. Die wat agterbly speel IPS.
Die eerste been van vanjaar se Eklektiek is tans aan die gang. Lede kan gerus die kompetisie ondersteun. Dan is die Pare Putjiespel ook goed op dreef. Saterdag, 26 Februarie is dit die eerste borgdag van die jaar. Elephant Lifting is die borg en daar gaan baie goeie pryse wees. Die formaat is ‘n Beterbal met ‘n keuse bofbal (Scramble drive). ‘n Groot veld word verwag en lede moet vroegtydig in pare inskryf. Die paretrekking word op Donderdag, 24 Februarie gedoen en sal dan Vrydag by die klub beskikbaar wees. Vrydagmiddag, 25 Februarie is dit ook die eerste rondte van die Interaksie Gholf. Skryf nou jou span in en daag net op.
“Priority of the course: Unless otherwise determined by the committee, priority on the course is determined by a group’s pace of play. Any group playing a whole round is entitled to pass a group playing a shorter round”.
Science Of Sport – Golf
Great Golf Courses Of Southern Africa
Golf: Greatest Ever Moments