General

Derde motorfiets binne weke gesteel

THABAZIMBI – ‘n Derde motorfiets is binne ‘n paar weke gesteel. Die motorfiets, ‘n Kazuma 125cc Scrambler, is Maandagnag in Daffodilstraat gesteel. Die motorfiets se stuur was gesluit en in die agterplaas agter ‘n geslote hek geparkeer.
Na bewering het die diewe die slot geknip en die motorfiets gesleep tot waar hy op ‘n voertuig gelaai is. Die polisie is bekommerd oor die vlaag motorfiets diefstalle van die afgelope tyd en maan eienaars om motorfietse eerder, waar moontlik, in ‘n motorhuis toe te sluit. Enigiemand met inligting kan Inspekteur Jaco Havenga kontak by 083 641 7613.
Daar is verlede week op verdagtes wat met inbrake verbind word, te Skilpadnes toegeslaan. Die enigste bewys van ‘n gesteelde motorfiets wat teruggevind is, is ‘n battery en kopligte. Na wat berig word, haal diewe motorfietse uitmekaar om dit sodoende oor die Botswana grens te smokkel.