General

Brandweer ingeroep vir hulp met kragonderbrekings

THABAZIMBI – Die brandweer is deur die munisipaliteit ingeroep sodat ‘n transformator afgekoel kon word wat besig was om te oorverhit. Weerlig het Sondag een van die dorp se transformator kabels beskadig en verskeie kragonderbrekings tot gevolg gehad.
Die dorp het twee transformators en Thabazimbi was dus afhanklik van slegs een transformator. As gevolg van oorlading en te veel krag wat deur die dorp getrek word, moes die brandweer deurentyd water oor die transformator spuit om dit af te koel. Oorverhitting kan daartoe lei dat die hele dorp se krag uitskop.
Die kabel was die aand teen ongeveer 22:00 herstel, en volgens mnr Gerrie Visagie, verkeershoof, behoort Thabazimbiërs nie verder kragonderbrekings te ondervind nie.