Bosveld Akademie hou Valentynspiekniek

THABAZIMBI – Die leerlinge van Bosveld Akademie het verlede Donderdagaand ‘n Valentynspiekniek vir hul leerders aangebied. Die Gr 11 leerlinge het die piekniek “spot” vir R15 verkoop as deel van hul fondsinsameling vir die matriekafskeid aan die einde van die jaar.
Die terrein was vrolik verfraai met rooi ballonne en strikke en die kerse wat oral geflikker het, het die romantiese prentjie mooi afgerond. Die leerlinge het onder toesig van juffrou- Elmien, Martie en Annesta, heerlik gedans op die vrolike musiek wat die aandlug gevul het.