Nuwe Midas Marathonklub
THABAZIMBI – Die Midas Thabazimbi Marathonklub is 15 Januarie amptelik gestig. Op die vergadering is Iwalda Bezuidenhout as voorsitter verkies en Kobus van der Merwe as onder voorsitter.
Die belangstelling het alle verwagtinge oortref met 23 lede wat reeds met die eerste vergadering aangesluit het. Die ledetal staan reeds op 29. Die lede het ook nie op hulle laat wag nie en twee het aan die Cartoria 21.1 kilometer wedloop deelgeneem.
Barend Schlebusch behaal ‘n tyd van 01.55 minute en Luzaan Combrink ‘n tyd van 02.01 minute. Beide het brons medaljes ontvang. Piet van Staden het ook aan die Ottosdal nag Marathon deelgeneem. Sy tyd is egter nie bekend nie. Louis la Grange herinner alle atlete om gereeld hulle tydtoets, wedloop-afstand en tye aan hom deur te gee. La Grange kan gekontak word by 084 440 3690.
Belangstellendes word uitgenooi om Iwalda te kontak by 083 445 4353 vir enige navrae.