General

Kumba bind kalenders van leerlinge se kunswerk

THABAZIMBI – Die mynbestuurder van Kumba, Wim Diedericks, het die afgelope week oor die 400 kalenders aan Laerskool Thabazimbi se hoof, mnr Koos Venter oorhandig wat uit hierdie laerskool leerlinge se kunswerke saamgestel is.
Verlede jaar, September, tydens Kumba se SHE dag, is ‘n kunskompetisie aangebied waaraan Laerskool Thabazimbi se “kunstenaars” deelgeneem het. Verskeie leerlinge het dié dag kontant pryse gewen.
Onder leiding en inisiatief van Peter Keay, het Kumba hierdie kunswerke gebruik om ‘n jaar kalender te bind en aan die skool te skenk as ‘n fondsinsamelings projek. Die kostes van hierdie kalenders het R5 beloop en is reeds almal uitverkoop.