Koedoeskop Stene nou in Thaba.
THABAZIMBI – Koedoeskop Stene het sy depot van Koedoeskop na Thabazimbi verskuif. Marius Steyn wat Koedoeskop Stene gedurende 1998 begin het sê dat die toename in aanvraag vir stene in Thabazimbi tot hierdie stap gelei het. ‘n Nuwe steenmasjien is aangekoop en die stene wat met die paletsisteem gegiet is, is perfek. ‘n Gruissandmengsel word nou ook bygevoeg, die stene is dus nou nog van ‘n beter kwaliteit en baie harder.
Marius, by uitstek ‘n entrepreneur van formaat, glo dat jy net die beste lewer, sy mense is dus deeglik deur hom opgelei. Buiten die sement – en kleistene kan jy ook dakteëls, plaveistene, lateie (lintels) sement en tuinprodukte by Koedoeskop Stene aankoop. Marius het nog baie nuwe uitbreidings in die pyplyn en die volgende is deur – en vensterrame. Huidig is hy nog besig met onderhandelings met die oog op verdere uitbreidings. Hou gerus Die Kwêvoël dop.
Marius en sy regterhand by die werk, Emmarentia van der Westhuizen, nooi u vriendelik uit na hulle depotperseel in Chroomstraat. ‘n Koppie boeretroos of tee is deel van hul vriendelike flinke diens. Vir meer besonderhede kan u ook skakel.