Jukskei nuus
THABAZIMBI – Al die unies van die Noordstreek gaan aan ‘n ope dag te Krugersdorp deelneem op 19 Februarie. Elke unie stuur nege spanne wat bestaan uit veterane, dames, mans en juniors. ‘n Span kan ook een van elk insluit.
Die span het op Saterdag, 22 Januarie, aan ‘n punte keuring deelgeneem en daarvolgens is bepaal in watter span ‘n speler speel. Die spelers wat gekies is, is afkomstig van Makado (Soutpan), Levubu, Polokwane (Landdros, Mopanie- en Steenbokklubs) Mokopane (Tarentale) Thabazimbi, Naboompark, Groblersdal (Olifante) en Nylstroom.
Die eerste liga van die tweede deel van die Jukskeiseisoen vind Saterdag, 12 Februarie plaas te Mokopane en word deur die Tarentale aangebied. Die klubs wat gaan meeding is Thabazimbi, Olifante, Nylstroom, Kromdraai, Naboompark en Tarentale.
Direk nadat die ligas afgehandel is, vind die Nyl-wyksbond vergadering plaas en word verteenwoordig deur die bestuur en twee afgevaardigdes van elke klub. Die vergadering is vroeër as gevolg van herorganisering van die Noordstreek. Dit bring mee dat die jaarvergadering van die Noordelike Provinsiale unie geskeduleer is vir 11 Junie 2005 (ook heelwat vroeër).
Vir enige verdere navrae kan Martie Nell gekontak word by (014) 733 0611 of 083 532 1960.