HFM Interhuis – Blouspan steeds kampioene
THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer se Blouspan het weer die punte laat inrol tydens hul interhuis atletiek byeenkoms verlede Vrydag. Tien nuwe rekords is opgestel, waarvan die Blouspan ses ingepalm het. Die Blouspan eindig met ‘n puntetelling van 1020, gevolg deur die Rooispan met 917 en laaste die Witspan met 803 punte.
Rekords wat verbeter is, lyk as volg: Jaco Botha (seuns O/19-Blouspan) – drie sprong, Aaron Ditsele (seuns O/14-Blouspan) – 90 meter hekkies, Lize de Villiers (dogters O/15-Blouspan) – 90 meter hekkies, Louise de Kock (dogters O/17-Blouspan) – verspring, Corné Botha (seuns O/16-Blouspan) – verspring, Lize de Villiers (dogters O/15-Blouspan) – 300 meter hekkies, Terrence Swemmer (seuns O/14-Witspan) – gewigstoot, Sanlie van der Brink (dogters O/14-Witspan) – 80 meter hekkies, Robynn Hearne (dogters O/14-Rooispan) – gewigstoot en JP Jacobs (seuns O/16-Rooispan) – 110 meter hekkies.
Die Rooispan se dirigente verower die beker vir die beste dirigente en wen op die koop toe ook die sangbeker.