Gholfnuus
THABAZIMBI – Met verlede Saterdag se Vierbal Alliansie, was daar een groep wat net drie spelers gehad het. Aan die einde va die dag se spel is daar toe een kaart getrek en een van dié spelers se telling is toe as ‘n vierde speler by die groep van drie getel.
Dit het toe ook die wentelling van 105 punte gegee. Die wenners was Gerhard van Rensburg, Sakkie Pringle, Koos Prinsloo en Jacques Payne. Tweede met ‘n uittel op 100 was Jacob Jordaan, L Prinsloo, Carel Jordaan en Bernie Gous.
Verlede Woensdag se Pick ‘n Pay Sundowner was gewen deur Carel Payne met 20 punte en Willem du Plessis het die skaapboud getrek. Die eerste maand van die jaar is alweer verby en in Februarie gaan die klub baie bedrywig wees. Saterdag, 5 Februarie, is dit die eerste rondte van die Pare Putjiespel. Spelers moet in pare inskryf en opdaag. Almal wat deelneem moet reeds vanaf die eerste rondte teenwoordig wees.
Die eerste been van vanjaar se Eklektiek begin ook dan. Die maandelikse slagspel vind reeds 12 Februarie plaas. Die eerste Ligabyeenkoms is 19 Februarie te Amandelbult en 26 Februarie is dit die klub se eerste borgdag van die jaar.
Meer besonderhede sal nog deurgegee word. Lede moet die kennisgewingbord by die klub dophou waar die maandelikse program, meer inligting en die inskrywingslyste sal verskyn.
Op bladsy 20 van die nuwe reëlboekie staan: “On the putting green, players should not stand on another players line of put or, when he is making a stroke, cast a shadow over his line of put. Players should remain on or close to the putting green untill all other players in the group have holed out.”
Science Of Sport – Golf
Great Golf Courses Of Southern Africa
Golf: Greatest Ever Moments