General

Beloning uitgeloof vir gesteelde motorfiets

THABAZIMBI – Die eienaar van ‘n BMW K100LT motorfiets wat Dinsdag gedurende die nag in Hibuscusstraat gesteel is, het ‘n beloning van R4000 uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die opsporing van die motorfiets of arrestasie van die verdagtes.
Mnr Roedolf du Plessis, eienaar, sê die motorfiets was onder sy afdak geparkeer. Hul skuif-staalhekke was met ‘n slot gesluit, maar die slot is waarskynlik geknip om toegang te verkry.
Na wat berrig word, is duidelike spore gevolg tot waar die diewe die motorfiets,  ongeveer 100 meter ver, die veld in gestoot het. Waar die spore egter ophou is spore gevind wat vermoedelik planke kon wees waarmee hulle die motorfiets gelaai het.
Inspekteur Gideon du Bruyn vra dat enigiemand met inligting hom moet skakel by 083 390 9154.